DECA stel eerste musiekvideo vry!

Die gewilde musiekgroep, DECA, se treffende snaarverwerkings het sommer uit die staanspoor harte, regoor die land, verower. Die vars, moderne en sjarmante manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter hulle kitssukses en nou het hulle pas hulle eerste musiekvideo, Black Sails, uitgereik.

Kyk video hier:

Die duo bestaan uit twee ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as ses-en-twintig jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Hulle is ook die eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is.

Black Sails is self deur DECA gekomponeer en vervaardig deur Burley Boys Media (Robin de Jager as resisseur en Barend Stofberg as kameraman en redigeerder). Die gevoel wat hulle met die lied wou skep was iets met ‘n seerower gevoel.

“Die konsep vir die video was om ‘n gevoel te skep van verwoesting – soos wanneer seerowers ‘n dorp ingevaar het. Die kyker sien die twee musikante net na alles afgebrand het. Ons wou die seerower lied in ‘n meer kontemporêre raamwerk plaas. Die dame aan die begin en die einde van die video is daar om ‘n oop subteks te skep. Sy het iets daarmee te doen, maar die kyker weet nie presies wat nie. Ons laat dit oop vir die kyker se eie interpretasie.” sê Herman.

Die video is by die bekende Stone Cradle in Pretoria wat so paar jaar gelede afgebrand het.

DECA se aanslag is vars en nuut en ’n goeie aanduiding van die instrumentele meesterstukke wat ons nog in die toekoms van hulle kan verwag.

SOSIALEMEDIA:
Facebook: http://www.facebook.com/decabandsa
Instagram: @decabandsa
Twitter: @decaband

Leave a Reply


Strict Standards: Only variables should be passed by reference in /home1/musicalv/public_html/wp-content/plugins/custom-javascript-editor/custom-javascript-editor.php on line 181
%d bloggers like this: