Devon Jay Scott met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Rubies in my hand’

“Musiek – die taal van emosie – was nog altyd deel van my lewe en het nog altyd my siel gevoed,” sê die sanger Devon Jay Scott.

Devon het die musiekbedryf professioneel in 2002 betree. “Die koeldrank en bord kos wat ek met my eerste vertonings gekry het, was oorgenoeg! Só het mense my leer ken.”

Sedertdien het dié vaardige sanger aan verskeie feeste en sangkompetisies deelgeneem. Nou bied hy die liefhebbers van goeie luistermusiek ‘n gehalte-album, Rubies in my hand. “My doel in die lewe en in die musiekbedryf is om positiwiteit oor mense uit te spreek.  Ek probeer altyd positief wees en is passievol oor musiek.   Ek verloor myself in die ritme van musiek.”

Die luisteraars sal ook: in die ritme, die musiek én Devon se sonderlinge stem. Die album bevat twaalf snitte, meestal oorspronklike nuutskeppings uit die pen van die bekroonde verwerker, musikant en produksieregisseur Stass. Warren Elliott en Devon het ook enkele bydraes gelewer.

Dit is ‘n kontemporêre album, met pop-, rock en selfs gospel- en alternatiewe musiekinvloede.

Devon vertolk die liedjies in ‘n warm, diep baritonstyl. Stass van Stass Music het die kreatiewe verwerkings, programmering en produksie van die album hanteer.  Die produksie het in 2015 afgeskop.  Stass en Devon het ʼn eiesoortige klank vir dié album geskep.  Die eerste liedjie waaraan hulle begin werk het, was Rubies in my hand; deur Stass geskryf.  In die liedjie vang Stass die diepte en die rouheid van Devon se stem vas; versterk deur ʼn diep, roerende boodskap. Die reistog na die regte liedjies was belangrik om Devon as kunstenaar in die regte rigting te stuur.

Daarom is elke snit hierop besonders. Tussen die juwele is die meevoerende ballades Rubies in my hand, Sak vol rande en Ken jou soos ‘n boek, die geestelike snit Lord Take my Hand en ʼn nuwe verwerking van André Swiegers se tydlose treffer Blou.  Daar is ook vrolike ritmesnitte:  Warm in jou hart, 120km/h en Dis mos nou boeremusiek; gevul met kultuur-melancholie waarin die bekfluitjie en elektriese kitaar mekaar uitdaag en aanvul.

Stass se kitare, banjo en mandolien, Vinnie Henrico se tromme en die harmoniesang deur Stass, Carlé van Deventer en Marilé van den Bergh skep die klankpalet waarop Devon se stemmingsvolle vertolking die luisteraar se aandag boei.

Luister…

1) Gaan jou kom haal
Liefde kan jou dryf waar jy wil wees.  As liefde sterk genoeg is sal jy enige iets doen om by  die liefde in jou lewe uit te kom. “Die sterre soos broodkrummels wat my lei na jou, ek gaan jou kom haal”

2) Warm in my hart
Maak nie saak hoe koud dit buite is nie, liefde kan jou hart warm maak. “Dis koud hier buite maar dis warm in my hart”

3) Rubies in my hand
Elke mens het dinge en mense in hul lewens wat van onskatbare waarde is en wat geld nie kan koop nie. Dis díe dinge wat regtig saak maak in die lewe en wat jy na aan jou hart moet hou en oppas. “Hou hoog, hou styf, hou vas, aan die Rubies wat in jou hand pas”

4) Sak vol rande
Vertroue is een van die mees belangrikste bestanddele en boustene in die lewe.  Vertroue is ‘n tweerigtingstraat.    “Hoe meer jy vat, hoe minder het ek om te gee”

5) Ken jou soos ‘n boek
Jou lewensverhaal saam met jou liefde is eintlik soos ‘n boek.  Elke hoofstuk het sy glorie; elke blad is ‘n ander storie.“Dit sou vir my so maklik wees, as ek jou soos ‘n boek kon lees”

6) Maak ‘n memory vanaand
Elke sekonde saam met jou liefde kan ‘n “memory” wees. Soms moet jy net die besige lewe neersit en die oomblik aangryp.“Onder die Karoo se sterre, dis hier waar ek my hart wil bêre”

7) 120 km/h
ʼn Lekker pretliedjie!  Soms kan mens eenvoudig net nie vinnig genoeg by jou liefde uitkom nie.  “120 in die vinnige baan.  Dis jy na wie my hart wil gaan.”

8) Dis mos nou boeremusiek
Hierdie lied vang die Afrikaners se nalatenskap en kultuur vas. Stukkies van wat ons as Afrikaners geniet! “Van boeretroos tot “Ouma” se beskuit. Van Wolraad Woltemade se heldestryd…”

9) Blou
Die gevoel is “blou” wanneer jy jou liefde moet agterlaat en die verlange jou wil oorrompel.  Die lied is so bietjie verander en aangepas by my styl.  Ek is mal oor die lied! “Oral om, om my heen is dit blou, want ek wil by jou wees.”

10) Lord take my hand
Die lied het ek geskryf net na ek my lewe oorgegee het aan die Here.  Die lied is baie na aan my hart en ek is dankbaar ek het die besluit gemaak om God te dien. “I had to make my biggest choice, when I heard His voice”

11) First breath
Ons almal verloor naasbestaandes vir wie ons lief is.  Dit is ‘n moeilike situasie, maar soms  besef jy dan eers hoeveel jou lewe werd is.When you gave your last breath you gave me my first, ‘cause now I know just how much a life is worth”

12) Memory Lane-keurspel
Lekker ou liedjies in een keurspel.  Die Engelse keurspel sluit onder andere die volgende liedjies in:  Father & Son, Knocking on Heaven’s, Bridge over Troubled Waters, Sound of Silence, Sailing en Forever Young.

Kontak Lydia Winchester vir meer inligting

Tel: (011) 475 2187 – Sel: 082 554 8453 – E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Leave a Reply

%d bloggers like this: