Riaan Grobler met ‘n nuwe CD, ‘Alles’

Terwyl jy luister na Riaan Groobler se nuutse album, kan jy nie anders om ALLES te los en net saam te sing en te dans nie… ALLES op hierdié album laat jou vereenswelwig daarmee en vra vir nog! “Ek het letterlik my alles in hierdie produk gesit. Daar was nog nooit ‘n album meer persoonlik vir my nie” – Riaan Grobler

Alles is Riaan se sesde album, sedert die uitreiking van sy eerste album in 2006. Met die eerste noot daarvan voel jy al lus om die die volume oop te draai, want die snit “Sê ja” laat jou voete jeuk, jou hart uitermatig klop en sal jy maklik ‘n vreemdeling wil gryp vir ‘n dans. Met die titelsnit,“Alles”, maak hy seker jy kan in jou beminde se oë staar en van A-Z aan haar of hom vertel dat alles saam met mekaar, net sin maak…

Riaan raak ongelooflik emosioneel, dog opgewonde, as hy vertel oor die eerste enkelsnit, “Die Boek”, juis omdat die gewilde liedjieskrywer, Rudi Claase, dit spesiaal vir hom geskryf het met die doel om deur ‘n moeilike tyd te kom. In 2016 het Riaan persoonlik deur die grootste krisis van sy lewe gegaan toe sy ma in die vroeë oggendure van 26 April in ‘n hospitaal te Pretoria sterf. Twee weke tevore het Rudi die liedjie vir Riaan en sy ma geskryf, nadat Riaan op Facebook sy hartseer en bekommernis oor sy ma se siekte gedeel het.  Alhoewel dit ‘n baie dieper betekenis vir Riaan het, is dit ook een van die mooiste liefdesliedjies, waar iemand ‘n geliefde verloor het en nie daardie boek kan toemaak nie. Net soos vir Riaan, hoop hy dat hierdié snit ook vertroosting en hoop vir ander kan bring.

Deur Mynie Grové se 90’s treffer “Wonderlike liefde van ‘n ma” gaan Riaan menige hartsnare raak en sy vertolking hiervan getuig van deernis en opregte liefde vir sy eie ma, nog altyd!

Alles bevat nie net ‘n hele paar danstreffers geskryf deur onder andere Sarah Theron en Michael de Lange nie, maar ook duette wat Riaan saam met spesiale vriende in die musiekbedryf opgeneem het.  Juanita du Plessis en Riaan het die ou-bekende Bles Bridges liedjie, “Laat my lewe, laat my liefhê” gaan afstof en is verseker die luister werd.  Waldo Greeff het gesorg vir ‘n oorspronklike treffer, “Drie wense” wat Riaan saam met aktrise-, aanbieder-; en sangeres Nadia Beukes opgeneem het. Coenie de Villiers se bekende “Karoonag” word besonders mooi vertolk deur Riaan en David Fourie, dan sluit Riaan ook die twee treffers, “Mi Amore” en “Ons is liefde”, saam met sy spesiale duetmaat Rinél Day, in!

Riaan se vertolking van “Die Nuwe Jerusalem” is iets besonders en spesiaal as bonussnit op die album geplaas. Die verwerking is passievol en mens kan nie help om uit volle bors saam te sing nie…

Werner Beukes het gesorg vir die vervaardiging van die album en dien as net nog ‘n bewys van hoekom hy as een van Suid-Afrika se beste musiekvervaardigers beskryf word.  Hy het gesorg vir ‘n goeie balans met ‘n vars nuwe klank en die luisteraar kan uitsien na 17 snitte waaraan spesiale aandag aan elk toegestaan is.

Alles” is Riaan Grobler se mees persoonlike album tot op hede en dit bewys dat hierdie veelsydige kunstenaar ook die afgelope 11 jaar diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekbedryf, terwyl hy sy koers stewig hou op die pad na volhoubare sukses.

Volg hom op Sosiale Media:

Facebook: Riaan Grobler

Twitter: @RiaanGrobler

Instagram: @riaangrobler

Leave a Reply

%d bloggers like this: