Ruan Wepener se nuwe enkelsnit, ‘Vreemdeling’

 

JUNIE 2017 – (PRETORIA, GAUTENG) – ‘Vreemdeling’ is ‘n splinternuwe liedjie wat vrygestel word deur Ruan Wepener.  Vreemdeling is ‘n “hybrid lied” waar mense se stemme meeste van die agtergrond musiek doen wat jy gaan hoor!  Om hierdie te kon regkry het Ruan die acapella groep, The Royal Madness, ingekry!  Hierdie talentvolle groep het amper alles van dromme tot klanke in-gesing om ‘n, nie-cliché, maar kommersiÑ‘le en internasionale gevoel te gee.

Met Ruan se unieke stem daarby het dit in iets spesiaals ontstaan!

Die liedjie en opnames van so ‘n projek is kardinaal, daarom is die skrywer M. Coetser, en die bekende vervaardigers Vaughan Gardiner en Hugo Ludick ingebring om seker te maak dis so goed as wat dit kan wees!

‘Vreemdeling’ word in 2017 vrygestel en is dalk net een van die belangrikste vrystellings, presies wat die Suid Afrikaanse Musiek toneel nodig het. Ruan Wepener en sy span sê hulle wou iets nuuts doen, en hulle het dit uit die park geslaan!

Julle gaan hierdie geniet!

Meer inligting oor nuwe musiek video’s en optredes is binnekort beskibaar!

Oor die Kunstenaars:  

Ruan Wepener – Van kleins af wys hierdie passievolle kunstenaar ‘n talent en ‘n groot liefde vir Musiek met oorspronklikheid.

Hy begin van jongs af optree, skryf en musiek maak. Hy het onder andere deelgeneem aan die South African Championships of Performing Arts en loop weg met nasionale goue medaljes en ‘n uitnodiging na Amerika. Later behaal hy Top 16 van die nasionale TV realiteit kompetisie ‘Ons Soek Die Sanger’.  Hy stel liedjies soos ‘Groot Genoeg”‘ en ‘1 Uit ‘n 100 000’ vry wat dadelik TV en Radio vrystelling geniet.

Nou is dit 2017 en dinge raak warm in Ruan-wêreld!

Kyk uit vir ‘Vreemdeling’, gaan volg hom aanlyn:

Epos: info@ruanwepener.co.za

Facebook: http://www.facebook.com/ruanwepener386

Instagram: @ruanwepener

Twitter: @ruanw

YouTube: Ruan Wepener

Resensies gelewer deur bekendes in die bedryf:

Musiek Verwerker Ferdinand Skead – “Klink soos iets uit die Pitch Perfect (Die film) – Geniet dit ongelooflik baie en die feit dat dit iets anders is in Afrikaans, is ‘n wenner”

Bekende Musiek Promotor en Kunstenaar Bestuurder Ferdi Steyn – “Dankbaar dat iemand bereid is om na die SA gehoor te luister en iets uniek en eie aan ons kultuur daar buite te plaas, wat verseker gesien kan word as ‘n nuwe asem vir ons Afrikaanse Musiek Bedryf

 

The Royal Madness is ‘n acapella groep wat uit agt oud-Tukkies bestaan.

Die oorspronklike groep is in 2013 gevorm toe die stigterslede, te danke aan hul na-Serenade “blues”, ‘n gemengde acapella groep (mans en dames) bedink het. The Royal Madness se musiek repertoire is divers en vermaaklik, en sluit ‘n wye verskeidenheid van kontemporêre items, immergroen populêre treffers, ballades en ongewone, onverwagse verwerkings in.

Die groep se musiek word alles verwerk deur hul eie Pieter Bezuidenhout (bariton) en Zander Fick (eerste tenoor), wie albei bekende musikante in Pretoria is in hul eie reg.  Die groep se klank is gebalanseerd en uniek, en die verwerkings ingewikkeld en buitengewoon.

Die groep het hul eerste musiekvideo vrygestel in 2016, en het al by verskeie openbare en privaat funksies opgetree sedert hul aanvang.

‘Vreemdeling’ saam met Ruan Wepener is The Royal Madness se eerste samewerkingsprojek saam met ‘n ander kunstenaar.

Die groep werk ook gedrewe aan die vrystelling van nuwe musiekvideo’s later vanjaar.

Groeplede:

Nica Schutze (Sopraan)

Marli Neuhoff (Mezzo Sopraan)

Emilie Rossouw (Eerste Alt)

Laura De Bruin (Tweede Alt)

Zander Fick (Eerste Tenoor)

Franco Barnard (Tweede Tenoor)

Pieter Bezuidenhout (Bariton)

Douglas Davidson (Bas)

 

Vir meer inligting oor The Royal Madness:

E-pos: info@theroyalmadness.net

Facebookhttp://www.facebook.com/TheRoyalMadness

Instagram: the_royal_madness

Twitter: @TRoyalMadness

 

Leave a Reply


Strict Standards: Only variables should be passed by reference in /home1/musicalv/public_html/wp-content/plugins/custom-javascript-editor/custom-javascript-editor.php on line 181
%d bloggers like this: