Sharoney se nuwe musiekvideo uitgereik!

Sharoney se splinternuwe musiekvideo is pas die afgelope naweek op Jukebox kykNET bekendgestel.  Die musiekvideo van die liedjie SKYN, wat ook die titelsnit vanaf haar splinternuwe album is, is deur Fathom Media vervaardig en geskryf deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.

Hierdie liedjie is inpirasie om nie toe te laat dat die dinge van die wêreld ‘n maatemmer oor die lig, wat jy uitstraal, sit nie. Om jouself te wees en te glo in wie jy is as mens. Jy is jy en dis wat jou laat skyn,’ sê sy. Die snit beteken vir my so baie. Dit gee my eintlik ‘n knop in die keel as ek daaraan dink en selfs wanneer ek dit sing. Ek het self al hindernisse teëgekom, wat ek nie gedink het ek sou kon oorkom nie. Deur genade het ek, en dit is nou my tyd om te skyn. Ek hoop en vertrou dat ek dit met elke tree van my lewenspad sal doen.”

Sharoney het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing. Haar borrelende persoonlikheid en lekkerluister-popstem, is die perfekte pasmaats vir haar splinternuwe album, SKYN, wat vars en modern is en hoofsaaklik bestaan uit opgewekte dansmusiek – met lirieke en wysies wat luisteraars vir lank sal bybly.

Haar debuutalbum, In Ons Fairytale, het haar in 2015 twee Ghoema-nominasies (Nuweling van die Jaar en Beste Pop-Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar), asook ‘n benoeming vir ‘n Huisgenoot Tempo-toekenning (Nuweling van die Jaar) besorg.

Kyk die video hier:

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/www.sharoney.co.za

Twitter: @Sharoneymedia

Instagram: @sharoney01

Web: www.sharoney.co.za

Leave a Reply


Strict Standards: Only variables should be passed by reference in /home1/musicalv/public_html/wp-content/plugins/custom-javascript-editor/custom-javascript-editor.php on line 181
%d bloggers like this: