Joe Foster se nuwe enkelsnit: ‘Ridder’ – Musical Venture Radio

Joe Foster se nuwe enkelsnit: ‘Ridder’

In Joe se eie woorde: “Ons manne wil altyd die hero wees in ’n situasie. Dit word aangespoor deur films en stories wat ons en ons ander helfdes dikwels kyk en lees wat ons buitengewone verwagtinge laat vorm oor liefde. Ek glo dat meeste van ons manne vergeet om net aan die basiese behoeftes van iemand te voldoen en dit is om net ’n goeie man te wees, met goeie intensies wat sal veg vir liefde en wat sal veg vir die hart en aandag van sy geliefde sonder om te hard te moet probeer”

Tot die dood sal ek veg vir jou, al wil jy my laat verdwaal in jou sprokiesverhaal…”

Na die reuse sukses van Joe se vorige vrystellings soos “Pad Na Jou Hart“, “Mona Lisa“, “Vir My Gemaak” en “In Die Reën Vir Jou” beloof hierdie nuwe Afrikaanse oorwurm “Ridder” om net sulke diep spore te trap.

Al dié enkelsnitte is deur Joe self geskryf en op sy Hartklank album, beskikbaar oraloor. Dis ‘n treffer gelaaide album wat ook in 2016 die Ghoema titel dra vir Pop Album van die Jaar – deur ‘n manlike kunstenaar.

Kry die album by jou naaste musiekwinkel, besoek www.hartklank.co.za of om die deluxe weergawe digitaal te koop besoek www.groottunes.co.za

Want ek is nie ‘n Ridder op ‘n witperd nie… Maar ek is joune!”

Besoek ook gerus Joe Foster se amptelike webtuiste www.joefoster.co.za en sy sosiale media facebook.com/JoeFosterMusiek en twitter.com/JoeFosterMusiek en instagram.com/JoeFosterMusiek om op hoogte te bly van alles rondom sy musiek, optredes en meer.

Kyk hier na ‘n spesiale optrede van Ridder by ‘n gelukkige paartjie se verlowingsgeleentheid. Quentin het sy aanstaande verras met die groot vraag, terwyl Elrika niks verwag het nie:

Leave a Reply

%d bloggers like this: