Riaan Grobler & Rinél Day met hul nuwe enkelsnit: ‘Ons is liefde’ – Musical Venture Radio

Riaan Grobler & Rinél Day met hul nuwe enkelsnit: ‘Ons is liefde’

Na die sukses van hulle eerste duet, Mi Amore (2016), wat ‘n Engelse radio-treffer geword het regoor Suid-Afrika, stel hulle die volgende enkesnit getiteld, Ons Is Liefde, vry en dit stel nie teleur nie! Trots Afrikaans en ‘n treffer wat verseker die hele Suid-Afrika op hulle voete gaan kry en verliefdes terselfde tyd weer verlore in mekaar se oë gaan laat kyk!

Die veelsydige persoonlikhede het geen bekenstelling nodig nie:

Na vyf suksesvolle Afrikaanse albums vanaf 2006 het Riaan Grobler al diep spore getrap in die Afrikaanse musiekbedryf. Deesdae is hy ook ‘n bekende gesig op TV as een van die aanbieders op kykNET se daaglikse en regstreekse ontbytprogram Die Groot Ontbyt in samewerking met GROOTfm 90.5, waarvan hy ook die vervaardiger is. Riaan kén Afrikaanse musiek en het ‘n groot passie daarvoor. Behalwe dat hy gereeld op verhoë regoor Suid Afrika optree en die land aan die brand sing, het hy ook vir meer as drie jaar GROOTfm 90.5 se top 20, Die Groot 20 in Afrikaans, aangebied. Op sy jongste album, Dis Die Liefde, doen hy die duet Mi Amore” met Rinél Day maar het ook ander duette met groot vriende van hom opgneem wat insluit Juanita du Plessis, Nadia Beukes en David Fourie. Riaan Grobler se nuwe album sal in April 2017 die lig sien.

Rinél Day is ‘n veelsydige kunstenaar wat meer as 300 liedjies kan sing in die genre’s van Pop, Rock tot Country en dit is buiten haar Afrikaanse Albums. Sy het tans twee Afrikaanse Albums op die rakke getiteld Rinél Day” en “Dit Staan in die Sterre. Beide haar albums het meer as 80 nommer een posisies op radiostasie-trefferparades bereik. In 2013 word Rinél Day genomineer vir haar eerste Ghoema Musiektoekenning vir haar debuut Album ” Rinél Day ” in die kategorie ~ Beste Pop Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar en in in 2015 word sy benoem vir haar tweede Ghoema Musiektoekenning vir haar album “Dit Staan In Die Sterre ” in die kategorie ~ Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar. Haar treffer “Dit Staan In Die Sterre” het tans al meer as 100 000 kyke op YouTube. Haar nuwe album sal later in 2017 op die rakke wees.

Almal vra hoe dit gebeur het dat Riaan en Rinél begin saam sing het en Riaan vertel graag: “Rinél het my gebel en gesê sy het die perfekte duet en wil graag hê dat ek dit saam met haar moet opneem. Ek was uiters opgewonde want ek het van die eerste dag wat ek haar gehoor sing het gehoop dat ons iewers in die toekoms kon saamwerk. Toe ek die duet, Mi Amore, hoor het ek gedink sy maak ‘n grap en dat ek dit nooit sal reg kry nie”.

neem was hy so gemaklik saam met Rinél dat hy sy grootste verwagtinge oortref het, en homself heeltemal verbaas het. Mi Amore het gou geliefd geraak onder Suid Afrikaners en word gereeld op die meeste radiostasies regoor Suid Afrika gehoor en baie verliefdes speel dit steeds op hulle troues….

Gou het aanhangers op vertonings en via sosiale media gevra dat hulle tog in Afrikaans ook moet sing. Rinél het toe die perfekte liedjie gekry, waarvan Michael de Lange die Afrikaanse lirieke geskryf het. “Ons Is Liefde” handel nie net oor die liefde nie, maar dit is ‘n danstreffer wat sommer gou in jou kop sal vassteek en jou voete gaan laat jeuk. Riaan Grobler en Rinél Day se vertolking word hoog geprys en hulle bewys net weer dat hulle stemme mekaar goed komplimenteer.

Nou vra die volk: wat van ‘n duet album? Rinél vertel opgewonde: “Dit is met trots dat ek en Riaan kan aankondig dat ons wel besluit het om ‘n duet album op te neem en vry te stel. Ons het ‘n kontrak met Let’s Go Productions geteken en ons aanhangers kan uitsien na Augustus wanneer die album vrygestel gaan word”.

Mi Amore beteken “my geliefde” en saam met “Ons Is lLefdekry Riaan Grobler en Rinél Day Suid Afrikaners nie net op die dansvloer nie maar laat die vlammetjie van liefde weer opnuut in almal se harte brand… Hierdie twee moet beslis dopgehou word!

Volg hulle gerus:

Facebook: (Riaan Grobler / Rinel Day)

Twitter: @RiaanGrobler / @rinel_official

Instagram: @riaangrobler / @rinelofficial

You Tube: Riaan Grobler / Rinel Day

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: