Hoener met die Rooi Skoene – Besprekings open op 24 Januarie 2017

Besprekings vir die nuwe Koos Roets fliek, HOENER MET DIE ROOI SKOENE, open op Dinsdag, 24 Januarie 2017, om 16h00.  Kaartjies kan vooraf bespreek word via Ster Kinekor en Nu Metro vir hierdie riller-komedie wat kykers gaan laat regopsit, ril en skater van die lag en vanaf Vrydag, 27 Januarie 2017, in fliekteaters landwyd te sien sal wees  www.sterkinekor.com www.numetro.co.za.

Terwyl Bonnie van der Byl (Lizz Meiring), ontvangsdame van die internasionaal bekende De Waal Teateragentskap tot laataand op ‘n stormagtige nag lustig en ongestoord by haar lessenaar oor die telefoon voortklets, lê die lyk van haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impresario, Du Toit De Waal (Deon Lotz) met ‘n dolk in sy rug op die kantoortafel agter haar rug.  Sy skakel die polisie en by nadere aanskoue van haar bloeiende baas, word sy oudergewoonte flou.  As sy met die flitslig van Konstabel Mickey Mentz (André Weideman) in haar oë bykom, is die lyk skielik skoonveld …

Hiermee is die tafel gedek vir ‘n vinnige bewegende, spannende en skreeusnaakse riller-komedie vol verrassende kinkels waarin die ontvangsdame met haar bekkige papegaai, Napoleon, en die hoogs beneukte, geïrriteerde en grieperige speurder. Kaptein Hendrik Greyling (Louw Venter), sentraal staan.

Die misterie rondom die naam Hoener met die rooi skoene word vroeg in die verhaal reeds tot groot vermaak van Konstabel Mentz opgeklaar.  Tydens ondervraging waarin al die karakters op kantoor in ‘n klousterfobiese ruimte saamgegooi is, word allerlei geheimpies ontbloot … Cecilia de Waal (Dorette Potgieter), die aantreklike veel jonger vrou van die baas, het meer as een skelmpie,  die ouer privaat-sekretaresse Miss Enith Conradie (Lida Botha) is jare lank al verlief op die baas, die ligsinnige Roxie Roos (Laré Birk) is die baas se minder gewillige pretpoppie op kantoor, die sjarmante Percy Celliers (Geon Nel) doen nie sy werk nie en die ouer klerk, Harold Berrington-Smith (Flip Theron) is ‘n ‘tail gunner’.  In hierdie storm van verdagmakery en beledigings verskyn die baas se lyk skielik perdfris en gesond op die toneel …

Sake neem ‘n interessante wending as die lyk van Cecilia se skelmpie, Jacques Petout (Jacques Theron), met ‘n meswond in die rug op op die sandduine ontdek word … en nog ‘n slagoffer, ook met ‘n meswond,  reg voor Bonnie se oë by die kantoor-hysbak inmekaar sak.  In kompetisie met die kaptein om die moord(e) op te los, word Bonnie die selfaangestelde speurder wat bewyse soos ‘n selfoon, sleutel en ‘n bebloede nota as troefkaart gebruik om die erg koorsige speurder ore aan te sit.  Haar planne loop sleg skeef as die ontmagtigde Kaptein Hendrik Greyling tydens die hoogtepunt van die storm in ‘n geslote kas opeindig, terwyl die moordenaar op haar toeslaan…

Hoener Met Die Rooi Skoene is ‘n riller-komedie, met onverwagse kinkels in ‘n netso vreemde kabel … en ‘n infame leuen wat eers teen die einde nek-omgedraai word en word vrygestel op 27 Januarie 2017 deur Ster Kinekor Entertainment.

Lys van fliekteaters waar HOENER MET DIE ROOI SKOENE sal speel:

STER KINEKOR TEATERS

The Bridge PE Tygervallei Cape Gate Bayside
Somerset Mall Eikestad Garden Route Mall Mimosa Mall
Gateway Mall of the North Secunda Cradlestone
Mooi Rivier Matlosana Mall Wonderpark Centurion City
Brooklyn Comm Forest Hill Kolonnade The Grove
Irene Mall Cresta Vaal Mall Carnival City
Mall at Carnival East Rand Mall Riversquare

NUMETRO

Canal Walk Walmer Worcester Welkom
Key West Parkview

ONAFHANKLIKE TEATERS

Atlanta

Cinema (Swakopmund)

Epic Mall@Reds (Pretoria) Epic

Northridge (Bloemfontein)

Maxi Cineplex Zambezi (Pretoria)
Minimax Cine (Cape Town)

 

Kyk die fliek se lokprent hier:

Sosialemedia skakels:

Facebook:           https://www.facebook.com/HoenerMovie/
Twitter:                @HoenerMovie
Instagram:          hoenermovie

Leave a Reply

%d bloggers like this: