Loki Rothman stel musiekvideo vir Jou Romeo fliek se tema-lied bekend!

Gedurende Oktober 2016 is die treffer, Ons op ons eie, deur Loki Rothman, vir die nuutste romantiese tienerkomedie, JOU ROMEO, aan radiostasies regoor die land uitgereik.  Die liedjie is ook beskikbaar op Afrikaans is Groot Vol. 9 wat tans op die rak is.

Nou volg hierdie veelsydige kitaarmeester met die bekendstelling van die musiekvideo vir hierdie liedjie wat pas hierdie naweek uitgerik is.

Kyk die video hier:

Loki is ook verantwoordelik vir die klankbaan van die fliek en sy talent ken geen perke nie. Hy het reeds die meeste genres op die kitaar bemeester, het ’n meesleurende stem, verf asemrowende landskappe met sy oorspronklike lirieke en is ook ’n uiters suksesvolle musiekvervaardiger.

Ons op ons eie is Loki se eerste oorspronklike Afrikaanse liedjie.

JOU ROMEO is ’n fliek wat deur die hele familie geniet sal word. Marko Marais (Ruan Wessels) is die gewildste ou in Hoërskool Monument, nie net omdat hy ’n jock is nie, maar ook omdat hy die krieketheld en ’n hartebreker is. Hy en die drama-geek, Yvette (Elani Dekker), verskil soos dag en nag, maar ware liefde stuur op ’n botsing af in hierdie verhaal oor romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap en onvoorwaardelike aanvaarding. Wanneer Romeo en Juliet, die opvoering wat Yvette en haar beste vriend Tyler (Christopher van der Westhuizen) al vanaf graad agt beplan, bedreig word deur die sportmal-hoof, Meneer Kirby Potgieter (Pierre Breytenbach) wat die kuns- en kultuurbegroting sny, besluit Yvette om Marko se hulp in te roep. Maar sy het nie Marko se beste belange op die hart nie… Yvette kom egter tot ander insigte wanneer sy besef dat Marko meer as net nog ’n jock, met ’n mooi glimlag en massas aanhangers is, en skielik sien Marko hierdie mooi rooikop ook in ’n ander lig… Beteken dit dat Marko eintlik Yvette se ware Romeo is en Yvette sy Juliet?

Diaan Lawrence, Dirk Stoltz, Row-Lean, Sarahann Doherty en Carmin Coetzer vertolk ook rolle in JOU ROMEO. Die fliek verken interessante temas oor “om te behoort”, ander na waarde te skat en om ongewone kwaliteite in ander te ontdek. Voeg ’n tikkie romanse hierby en sprinkel ’n bietjie liefde oor en hierdie is die perfekte somerfilm om saam met jou vriende en familie te geniet.

JOU ROMEO is deur The film Factory vervaardig, draai vanaf 23 Desember 2016 in fliekteaters regoor die land en word deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Besprekings open reeds via Ster Kinekor en Nu Metro op die 20ste Desember om 18h00.

www.sterkinekor.com

www.numetro.co.za

Kyk die lokprent hier:

 

Sosialemediaskakels vir JOU ROMEO:

Facebook:  www.facebook.com/jouromeofilm

Twitter:  @JourRomeoFilm

Webblad:  www.jouromeofilm.co.za

 

Sosialemediaskakels vir LOKI ROTHMAN

Facebook: https://www.facebook.com/LokiRothmanMusic?fref=ts

Twitter: https://twitter.com/LokiRothman

YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/user/LokiRothman

Instagram: @lokirothman

Webblad: www.lokirothman.com

 

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: