DIS AMPTELIK: TRIPPEL GOUD VIR REFENTSE! – Musical Venture Radio

DIS AMPTELIK: TRIPPEL GOUD VIR REFENTSE!

image001As jy in Februarie 2015 vir die toe 18-jarige Refentse Morake gesê het dat hy in 2016 ‘n album op die rakke sou hê, sou hy jou waarskynlik nie geglo het nie.

Dié is egter nou realiteit, en so ook die feit dat sy debuutalbum sopas TRIPPEL-GOUE Status bereik het!

 Dit is op 17 November bevestig dat “My hart bly in ‘n taal”, ‘n album wat in April vanjaar vrygestel is, die 46 000 verkopekerf verbygesteek het – ‘n merkwaardige mylpaal, veral vir ‘n debuutalbum.

Na ‘n opwindende ses maande – topverkoper-album en verskeie eersteklas verhoogoptredes, TV-verskynings en radio-onderhoude – is hierdie jong man se hart steeds een van nederigheid en dankbaarheid:

“Trippel goud is ‘n onbeskryflike voorreg en ek is dankbaar vir elke hand wat my van kleins af gebring het tot waar ek nou is, en ook in besonder vir diegene wat die musiek wat ons maak ondersteun, inneem en waardeer!”

 “My hart bly in ‘n taal” is by uitgesoekte musiekwinkels, sowel as op iTunes, beskibaar.

Leave a Reply

%d bloggers like this: