Kerry Lee stel 2de Enkelsnit bekend!

kerry-lee-dans-in-die-reen-acKerry Lee sing voelgoed-coutry musiek en haar haar eerste enkelsnit, Hals Oor Kop, vanaf haar album Dans In Die Reën, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word.  Die opgewekte, voetstamplekker wysie en vrolike lirieke van die liedjie het luisteraars van dag een af bekoor.

 

Haar tweede enkelsnit, Op ‘n Skaal Van 1 – 10, is geskryf deur Roux Cloete, “Hals Oor Kop was ‘n selfversekerde liedjie oor die liefde, in die sin dat ek hals oor kop verlief is, maar nou wil ek graag weet – Op ‘n Skaal Van 1 -10 – hoe het jy gevoel to jy my sien?” sê Kerry Lee.  “Die liedjie was regtig vir my baie lekker om op te neem. Dit is ‘n lekker ritmiese liedjie vol pret waarop almal kan dans en saamsing!”

Kerry Lee het groot bewondering vir kunstenaars soos Dolly Parton, Barbara Ray en Shania Twain en dit is daarom geen verrassing dat haar nuwe album, wat tans landwyd beskikbaar is, ’n kombinasie van moderne country-musiek is nie. Dans in die Reën bestaan uit elf snitte, waarvan nege oorspronklike werke is deur Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Roux Cloete. Die titelsnit, Dans in die Reën, is ’n treffende akoestiese opname, wat selfs die kritieste oor tevrede sal stel. “Die album gaan hoofsaaklik oor menslike gevoelens, veral die liefde. Die titelsnit, asook Werklik Myne Maak, lê my na aan die hart omdat dit gebaseer is op my persoonlike ervarings. Die CD is meer volwasse as my vorige werk, maar steeds jonk en prettig. Ek hoop dat dit luisteraars weer van vooraf verlief sal maak op die liefde,” verklap sy.

Die volledige album, Dans in die Reën is ook reeds op iTunes beskikbaar en aanhangers hom nou hier aankoop:  https://KerryLee.lnk.to/DIDRPR

Volg Kerry Lee op:
Facebook: https://www.facebook.com/kerryleemusic/
Twitter: @real_KerryLee
Instagram: @kerry_lee15

Leave a Reply

%d bloggers like this: