Henrico Coetzer stel 2de enkelsnit bekend!

henrico-coetzer-bly-by-jou

Henrico Coetzer (23) se eerste enkelsnit en musiekvideo,  Soos Reën – uit die pen van Joshua na die Reën, is gedurende Mei 2016 bekendgestel en is ongelooflik goed deur TV kanale en radiostasies landwyd ontvang.

BLY BY JOU is ’n liefdeslied soos baie ander, maar die lied het ’n dieper boodskap wat die luisteraars sal raak. Dit het ’n sterk tema en melodie wat dit spesiaal maak.  Ek wil graag hê dat die publiek  mooi na elke woord sal luister en weer in liefde sal glo”, sê Henrico.

As kannetjie van vyf het hy sy ouers al gewaarsku – sing gaan hy eendag sing. En dié eendag is nou. “Dis my passie en al wat ek nog altyd wou doen,” vertel Henrico wat as kind gereeld vertonings aanmekaar gesit het wat hy en sy sussie moes opvoer.

“Talente word nie sommer net vir jou gegee nie. Dis jou verantwoordelikheid om dit te ontwikkel en te gebruik.”

Henrico tree gereeld op, veral by die Cansa-aflosmarathonne, waar hy die man is wat almal se lam bene aan die gang hou tot by die eindstreep. Liefhebbers van die gewilde Blouhond-teater in Pretoria, sal hom ook herken, aangesien hy gereeld daar optree. Hy was ook deel van die ensamble in die musiekblyspel, Droomkind, waarin Bobby van Jaarsveld die hoofrol vertolk het.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Henrico-288839707819172/?fref=ts
Twitter: @Henrico_Coetzer
 
NAVRAE
Besprekings

E-pos: Magda.coetzer@philipcoetzerinc.co.za

Leave a Reply

%d bloggers like this: