Joe Foster – In Die Reën Vir Jou – Musical Venture Radio

Joe Foster – In Die Reën Vir Jou

joe-foster_greep-uit-%ef%80%a0in-die-reen-vir-jou%ef%80%a0-se-musiekvideo

Die idee is al telke male so mooi en romanties in films en boeke voorgestel, jy en jou spesiale mens staan buite en met ’n liefdevolle omhelsing soen julle mekaar passievol in die reën. Maar om in die reën te staan is in die werklike lewe gladnie so romanties en mooi soos wat almal dit uitmaak om te wees nie – Ironies genoeg hardloop almal vir die dakke as die druppels begin val. Niemand wil nat word nie en die dames is veral bekommerd oor hulle hare en maskara.

Verder kan die reën mens ook siek maak as jy nie die regte “boost” in het nie. ’n Poncho is ook nie altyd byderhand nie.

Joe Foster se splinternuwe enkelsnit “In die reën vir jou” speel met hierdie idee en stel dit voor as ’n liefdesdaad wat jy bereid is om vir iemand anders te doen, ongeag hoe onaangenaam dit vir jou is – ’n onbaatsigtige opoffering vir die een vir wie jy lief is. Om jouself daar buite in die koue en reën vir iemand anders te sit.

Hierdie reën kan ook ’n moeilike situasie voorstel wat jy bereid is om saam met iemand anders deur te werk. Jy wat spreekwoordelik in iemand anders se reën saam met hulle staan.

Die lied op Joe Foster se album Hartklank

“In die reën vir jou” sou aanvanklik nie op Joe Foster se Ghoema wen-album “Hartklank” verskyn het nie. Eers na die hele proses waar Joe Foster saam met Arnold Coleske, Paulo Azevado en Johan C Venter die liedjies vir sy album gekies het (almal uit Joe se pen), het Joe Foster onthou van hierdie lied wat hy geskryf het en reeds van vergeet het.

Vanaf die eerste oomblik wat Arnold en Paulo hierdie lied gehoor het was hulle oorreed dat “in die reën vir jou” die grootste enkelsnit op Joe se album gaan wees en Joe Foster is opgewonde om hom uiteindelik aan julle bekend te stel.

Twee musiekvideos en weergawes vir die lied

Murray Lubbe het die eerste weergawe van “In die reën vir jou” vir Joe Foster se album “Hartklank” vervaardig, hierdie weergawe is spesiaal gegee vir die kykNET sepie “Getroud met Rugby”.

Fafa, een van hierdie populêre sepie se gunstelling karakters kom met ’n lang geskiedenis van ’n verlore liefde wat hy aan die dood afgestaan het. Kiki wat in die “Getroud met Rugby” reeks op kykNET eens met Fafa getroud was is in ’n struweling doodgeskiet en Fafa kon nooit werklik oor haar dood gekom het nie. Tot hy uiteindelik en finaal op 23 September 2016 van Kiki afskeid geneem het terwyl Joe Foster “in die reën vir jou” gedurende hierdie afksied in die sepie se kroeg, “Pottie se plek” opgetree het.

Hierdie dien as die eerste musiekvideo vir Joe Foster se “In die reën vir jou”.

Sien hier waar Joe Foster die atmosfeer skep vir hierdie hartroerende oomblik:  http://bit.ly/JoeFoster_op_GetroudMetRugby

Joe Foster en Arnold Coleske het dit verder goed gedink om dan ’n tweede weergawe van hierdie lied te vervaardig – die keer het Danny Smoke aan die produksie gewerk. Hy is veral bekend vir sy skryfwerk aan die kykNET Binnelanders temalied.

Die Offisiële Joe Foster – ‘In Die Reën Vir Jou’ Musiekvideo

Gerhard van Rooyen wat reeds musiekvideos vir al ons land se grootste Afrikaanse kunstenaars vervaardig het, het ook die splinternuwe video van Joe Foster vervaardig. Hierdie is die eerste keer wat Joe Foster saam met Gerhard van Rooyen werk en die eindresultaat is beeldskoon.

Gerhard het met die konsep van die video voorendag gekom en beeld ’n meer emosionele en metaforiese “in die reën staan” uit.

Joe Foster vertolk die rol van ’n veg-vlienier wat oorlede is in ’n vlieg ongeluk en hoe Joe Foster se karakter in die video die dame wat hy agterlaat bystaan in haar rouproses. Gerhard van Rooyen het uitgehaal en wys met hierdie video en Joe Foster kan nie wag om hierdie video met almal te deel nie.

Die rol van die dame in hierdie video word vertolk deur Simoné Nortmann vertolk. Sy is veral bekend vir haar rolle in 7de Laan asook Hotel, tans op kykNET. Sy vertolk ook die hoofrol in “Vir die Voels”, wat binnekort bekend gestel word – hierdie film is vir Huisgenoot se groot Eufeesvieringe.

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: