Bekroonde Rock Groep, NAGLIGTE, Stel Nuwe Enkelsnit Bekend! – Musical Venture Radio

Bekroonde Rock Groep, NAGLIGTE, Stel Nuwe Enkelsnit Bekend!

nagligte-hoop-in-die-donker-acDie rockgroep, Nagligte, het onlangs weggestap met twee Bokkie toekennings vir a) Nuweling van die jaar en b) Groep van die jaar en stel ook nou hulle splinternuwe enkelsnit, VIR NOU bekend.

Die liedjie gaan oor die daaglikse lewe se sieldodende roetine en gejaag na geld, wat niemand nêrens bring nie en sluit aan by die boodskap om uit te breek uit die “rat race” van opstaan, werk, skuld betaal en slaap en eerder jou passie te volg.

Die drie lede, Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) se debuutalbum, Hoop in die Donker, is gedurende die tweede helfte van 2015 uitgereik en het onmiddellik aandag getrek. Die eerste enkelsnit, Dit Stop Nou, was ’n kitstreffer en het vir weke lank bo-aan die trefferparades van bekende radiostasies gepryk. Die album het ook gelei tot twee Ghoema-benoemings vir Nuweling van die Jaar en Beste Alternatiewe Album en verskeie optredes saam met van die room van Suid-Afrikaanse musiek. Ander treffers op die album sluit in Ongeloof(lik), Skyn, Veg en Skree, Vir Nou, Konsentreer, Bly, Hoop in die Donker, Die Roepstem, Hou Dit Teen My, Beter Dae en Een Saam.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/pages/nagligte/1505483156384467?sk=info&tab=page_info
Twitter: @nagligte
Instagram:  @nagligte
Webblad: www.nagligte.com

Leave a Reply

%d bloggers like this: