Afri-Koesties – Groot Afrikaanse gunstelinge blom in die eenvoud van akoestiese klanke – Musical Venture Radio

Afri-Koesties – Groot Afrikaanse gunstelinge blom in die eenvoud van akoestiese klanke

afri-koestiesSommige gunsteling-treffers kry op ‘n manier daai “iets meer” by wanneer hulle na akoestiese weergawes verwerk word. “Afri-Koesties” is van omslag tot
omslag gevul met presies dit – daardie iets wat jou vir ure aaneen sal laat aanhou luister!

Die album beslaan 18 snitte waar
immergewilde Afrikaanse kunstenaars jou vir meer as ‘n uur trakteer tot eersteklas musiek – klanke wat jou laat voel asof jy in
die intieme ruimte van ‘n karakterryke klein straatkafeetjie saam met hulle kuier.

Die begeleiding van kitaar, klavier, bekfluitjie en slaginstrument smelt met die stemme van kunstenaars soos Andriëtte, Adam Tas, Refentse, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Arno Carstens, Jack Parow & David Kramer, Die Heuwels Fantasties en vele ander saam in ‘n kleurvolle en luisterryke aanbieding.

Treffers soos “Sewe oseane”, “’n Boeredrukkie vir my boeremeisie”, “Kaptein”, “Toe vind ek jou”, “Hande”, “Utopia”, “Droomvrou” en “Jy slaan die wind in my seile” nooi jou met ‘n besonder bekoorlike minimalisme om die gejaag van die lewe af te skud en lekker te ontspan in van die beste geselskap wat Afrikaanse musiek het om te bied!

“Afri-Koesties”is nou landswyd beskikbaar.

 

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: