Brendan Peyper Se Nuwe Deluxe-Album Is Hier – Musical Venture Radio

Brendan Peyper Se Nuwe Deluxe-Album Is Hier

image002Brendan Peyper het oor die verstek van net meer as ‘n jaar ‘n hele rits ranglyse, verhoë en harte regoor Suid-Afrika verower.

Sy splinternuwe album bied al die musiek wat hom een van SA se grootste gunstelinge maak, met nagenoeg ‘n halfuur se bonussnitte!

Vyftien van die Peyper-bekendes – insluitend “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”, “Die perfekte een vir my”, “Tafelberg vir twee”, “Beautiful in Bloemfontein”

en vele ander – sorg weereens vir ‘n lekker luister-, lekker dans bederf, maar dit vorm slegs die inleiding vir ‘n verdere fees van musikale genot:

“Stop, wag, bly nog ‘n bietjie” en “Budapest” se dans remixes trek vir twee alombekende liedjies lekker kleurvolle, nuwe baadjies aan ,

met splinternuwe ritmes en klankeffekte om hulle daai ekstra bietjie skop te gee vir ‘n goeie draai of tien om die dansvloer.

Fantasties-verwerkte, akoestiese weergawes van ‘n verdere vyf gunstelinge – Brendan se eie “Die perfekte een” en “Boeredrukkie vir my boeremeisie”,

sowel as “Jy soen my nie meer nie” van Lianie May, “I won’t give up” van Jason Mraz en Justin Bieber se “Love yourself” – sorg vir die ideale

klankbaan vir ‘n stadige dans met daai spesiale iemand of ‘n lekker rustige kampvuur-kuier.

‘n Tweede CD – met musiekvideos van “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”, “Die perfekte een vir my” en “Tafelberg vir twee”, sowel as rekenaar- en selfoon-“wallpapers”

en ‘n digitale Brendan Peyper fotoalbum – maak van hierdie Deluxe-album ‘n móét hê vir enige goeie CD-versameling!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Leave a Reply

%d bloggers like this: